Skip to content

EFF verwelkom voorleggings van rolspelers oor Privaatlid-wetsontwerp

# Die EFF verwelkom verskillende rolspelers se voorleggings oor die Privaatlid-wetsontwerp om eienaarskap van die Suid-Afrikaanse Reserwebank aan ʼn demokraties verkose staat oor te dra. Die party sê die wetsontwerp wat sy leier, Julius Malema, in 2018 voorgestel het, het twee keer in die vyfde en sesde Parlement misluk. Die EFF sê dit was nie weens gebrek aan meriete nie, maar weens lede van die staande komitee oor Finansies en die gewese bevrydingsorganisasie wat dit nie wil afhandel nie.