Skip to content

EFF verwelkom terugtrek van omstrede wysigings tot Nasionale Kredietwet

# Die EFF het die besluit van die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, verwelkom om die omstrede voorgestelde wysigings tot die Nasionale Kredietwet van 2005 terug te trek. Die wysigigings het opvoedkundige instellings as verskaffers van inligting oor krediet, voorgestel. Dit sou beteken dat onbetaalde studiegelde by kreditburo’s aangemeld word. Die EFF sê die regering se herroeping is nie ‘n stap van welwillendheid van die ANC-DA-beheerde regering nie, maar die regstreekse gevolg van volgehoue druk van lede van die gemeenskap, beroepslui en die jeug van Suid-Afrika.