Skip to content

EFF verwelkom dit dat OPOD KZN-polisiekommissaris Mkhwanazi van blaam onthef

# Die EFF het dit verwelkom dat die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat KwaZulu-NataI se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, van blaam onthef het. Hy is in 2023 beskuldig van magsmisbruik en dat hy ingemeng het by die inhegtenisneming van ʼn senior beampte wat volgens berigte ʼn dwelmkartel by die Westville-maksimumtronk in Durban bedryf het. Die EFF sê hy hou vol die klag was deel van ʼn groter heksejag deur magte in die Polisieministerie wat bedreig gevoel het omdat Mkhwanazi nie onder politieke druk wou swig nie.