Skip to content

EFF veroordeel massaskietvoorval in Jumpers informele nedersetting

# Die EFF in Gauteng het Dinsdagaand se massaskietvoorval in die Jumpers informele nedersetting in Cleveland, Johannesburg, ten sterkste veroordeel. Twaalf mense is in die voorval dood. Die polisie reken die massaslagting hou verband met konflik oor onwettige myn-sindikate wat in die gebied bedrywig is. Die EFF sê onwettige mynbedrywighede het ʼn groot bron van georganiseerde misdaad, geweld en onbestendigheid in dele van die provinsie geword. Hy sê hy verwerp enige poging om die tragedie te gebruik om xenofobie te bevorder of om alle buitelanders daaroor te straf.