# Die EFF sê die Helen Suzman-stigting se hofaansoek om Julius Malema uit die Regterlike Dienskommissie te verwyder, is polities gemotiveer. Die stigting voer aan die Parlement moet vasstel of Malema steeds bevoeg is om in die kommissie te dien, gegewe sy onlangse skuldigbevinding en sy herhaalde openbare aanvalle op die regstelsel. Volgens die EFF bevestig die tydsberekening dat dit deel is van ʼn breër politieke veldtog om die aandag weg te neem van president Cyril Ramaphosa se mislukkings en skandale.
EFF veroordeel Helen Suzman-stigting se hofaansoek oor Malema se deelname aan Regterlike Dienskommissie