# Die EFF sê die aankondiging van ʼn Nasionale Dialoog is ʼn betekenislose publisiteitsfoefie van president Cyril Ramaphosa. Die president sê die dialoog sal deur mense uit die samelewing gelei word om na te dink oor die land se toestand en die toekoms. Hy vra dat ʼn nasionale konvensie op 15 Augustus gehou word. Die EFF sê die probleme wat die dialoog moet aanspreek, is die produk van mensgemaakte verwoesting en korrupsie met die ANC as die middelpunt daarvan.
EFF sê Nasionale Dialoog is betekenislose publisiteitsfoefie