Skip to content

EFF kritiseer besluit om minister Mchunu net op spesiale verlof te plaas

# Die EFF kritiseer president Cyril Ramaphosa se besluit om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof te plaas en sê dis lafhartig en om die minister te beskerm. Die president se besluit volg na die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings teen die minister, polisiebeamptes en ander staatsamptenare. Die EFF sê hierdie besluit laat Mchunu toe om ʼn volle ministeriële salaris te ontvang terwyl Ramaphosa die kabinet onwettig oorlaai met iemand wat nie wetlik bevoeg is om die rol te vervul nie.