# Die EFF in Gauteng vra die onmiddellike skorsing en strafregtelike vervolging van die Lesedi-munisipaliteit se munisipale bestuurder, Sibusiso Dhlamini. Hy word volgens berigte beskuldig van seksuele teistering en magsmisbruik teen ʼn junior personeellid. Dumisani Baleni van die EFF sê Dhlamini maak bewerings teen die personeellid op en probeer dit gebruik as rede vir haar afdanking. Hy sê dit gebeur selfs nadat die Bedingingsraad beslis het die bewerings is onwaar en onregverdig:
EFF in Gauteng vra dat Lesedi-munisipaliteit se munisipale bestuurder geskors word [KLANK]
ENG BaleniOnAbuse