# Die EFF in Gauteng het die aanstelling van lede van die ANC-jeugliga se provinsiale uitvoerende komitee op rade van die provinsie se openbare instellings veroordeel. Minstens agt ANC-jeugligaleiers is volgens berigte op staatshospitaalrade in die provinsie aangestel. Die EFF sê deur rade met politieke kamerade te vul, word die jeug nie regtig bemagtig nie, dit voed eerder korrupsie en baantjies vir boeties. Die party eis dat ʼn regverdige, wettige en deursigtige proses gevolg word om gekwalifiseerde raadslede aan te stel.
EFF in Gauteng eis omkeer van ANC-jeugligalede se aanstelling op hospitaalrade