Skip to content

EFF Gauteng vra vir onmiddellike verwydering van onreëlmatig aangestelde senior bestuurders in Tshwane

# Die EFF in Tshwane doen ‘n beroep vir die onmiddellike verwydering van alle individue wat onreëlmatig aangestel is deur prosesse wat blatant wetlike voorskrifte verontagsaam. Die party sê die aanstelling van sleutelseniorbestuurders, insluitend die stadsbestuurder, Johann Mettler, die finansiële hoof , die oudithoof en die polisiehoof, is uitgevoer deur ‘n paneel wat onwettig saamgestel is in stryd met regulasies. Die EFF sê die gebrekkige aanstellings verteenwoordig nie net ‘n blatante ondermyning van munisipale wetgewing nie, maar ook ‘n regstreekse aanval op goeie bestuur en institusionele integriteit.