Skip to content

EFF Gauteng sê Itani Mukwevho het die politieke ervaring om Merafong-stad te lei

# Die EFF in Gauteng het Itani Edwin Mukwevho aangewys as sy burgemeesterskandidaat vir die Merafong-stad plaaslike munisipaliteit in aanloop tot die munisipale verkiesing in November. Hy het in 2013 by die party aangesluit en ʼn belangrike rol gespeel om die organisasie aan die Wes-Rand te vestig. Die EFF sê Mukwevho het in streekstrukture, asook met provinsiale en nasionale leierskap bygedra om die organisasie te versterk en sy program vir ekonomiese vryheid te bevorder. Hy sê Mukwevho het die politieke ervaring, administratiewe kennis en rewolusionêre dissipline om Merafong-stad te lei.