Skip to content

EFF eis Konstitusionele Hof moet uitspraak oor Phala Phala bekendmaak

# Die EFF sê lede sal later die maand na die Konstitusionele Hof opruk om die bekendmaking van die uitspraak oor die hersiening van die parlement se besluit van die Onafhanklike Paneelverslag oor Phala Phala te eis. Die paneel het bevind daar was prima facie bewyse van misdadige aktiwiteite by die diefstal op president Cyril Ramaphosa se plaas Phala Phala in Limpopo. Die EFF sê as die Konstitusionele Hof nie die beslissing bekendmaak nie, gee dit geloofwaardigheid aan die agterdog dat die regbank gekaap is.