#Die EFF is bekommerd oor die besluit van die parlement om die portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake se verslag oor die vul van vakatures in die Verkiesingskommissie goed te keur. Die party sê die besluit verontagsaam die bevindinge en aanbevelings van die paneel onder voorsitterskap van hoofregter Mandisa Maya, wat ernstige kommer uitgespreek het oor die bevoegdheid, temperament en geskiktheid van Mosotho Moepya en regter Dhaya Pillay om in die verkiesingskommissie te dien. Die EFF sê hulle verwerp die aanvaarding van die verslag en die aanstelling van omstrede individue in die kommissie.
EFF bekommerd oor parlement se goedkeuring van omstrede verkiesingskommissie-kandidate