Skip to content

EFF bekommerd oor ministers se uitstaande antwoorde op vrae in die Parlement

# Die EFF sê hy is bekommerd oor die Parlement se jongste verslag oor uitstaande antwoorde op ministers se vrae. Volgens die verslag is 783 vrae ingedien wat verlede Donderdag afgehandel moes wees, maar 222 vrae is nie beantwoord nie. Gedurende die tydperk het die minister van Polisie, Senzo Mchunu, 47 van 74 vrae nie beantwoord nie terwyl die Landbouminister, John Steenhuisen, slegs ses van sy 17 vrae geantwoord het. Die EFF sê dit blyk sommige ministers het geen agting vir die Parlement se oorsigrol nie.