Skip to content

EFF behou Polokwane Wyk 13, Malema se wyk

# Die EFF het Wyk 13 in Seshego, Polokwane, met 57,34-persent van die stemme in ʼn tussenverkiesing behou. Dit is Julius Malema se wyk. Die ANC is tweede met 40,91-persent, en die SAKP derde met 1,19-persent. Die tussenverkiesing het gevolg ná die skorsing van EFF-raadslid, Mafiwa Leballo. Die party se nuwe wyksraadslid, Mongatane Ramaphoko, sê die oorwinning getuig van die gemeenskap se vertroue in die party wat vir hulle baklei en ware verandering bring.