Skip to content

Eerste nasionale herdenking in Namibië van Duitse volksmoord

# Namibië hou vandag sy eerste nasionale herdenking ter ere van slagoffers van die 1904 tot 1908-massamoorde deur Duitse koloniale magte. Duisende Herero’s en Namas is vermoor in wat algemeen beskou word as die eerste volksmoord van die 20ste eeu. Die nasionale vakansiedag sluit ‘n kerslig-nagwaak en ‘n minuut van stilte in. President Netumbo Nandi-Ndaitwah lei die seremonie, wat op genesing en besinning gemik is.