# Polisie in die Oos-Kaap het daarin geslaag om een van die agt aangehoudenes wat die naweek by die Afsondering-polisiestasie in Maluti ontsnap het, weer aan te keer. Siphelele Mkhulisi, wat aanvanklik in aanhouding was weens moord, is gister vas aan die slaap gevind en sonder voorval weer gearresteer. Die polisiewoordvoerder, Nobuntu Gantana, sê die oorblywende ontsnaptes wat tereg staan op aanklagte van moord, verkragting, aanranding en crimen injuria, is steeds op vrye voet:
Een van agt ontsnaptes van Afsondering-polisiestasie weer aangekeer [KLANK]
ENG GantanaONRearrested