Skip to content

Een persoon sterf toe spaza-winkels in buitelandse besit in Alexandra geplunder word

# Een persoon is dood in gewelddadige betogings teen onwettige immigrante in Alexandra in die noorde van Johannesburg. Die polisie sê inwoners het spaza-winkels in buitelandse besit geplunder toe skote afgevuur en die slagoffer noodlottig gewond is. Die persoon is nog nie geïdentifiseer nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Geweld het gisteraand in Alexandra toegeneem ná gister se landwye betogings. Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die moord.