# Een persoon is dood en 16 ander beseer nadat ‘n motor in ‘n skare by ‘n Berlin Pride-geleentheid vasgejaag het. ‘n Intensiewe soektog is aan die gang in die Duitse hoofstad. Beamptes het ‘n foto van die verdagte vrygestel en doen ‘n beroep op hulp om hom te vind. Die voorval het gisteraand kort voor tienuur in Tiergarten-park, naby die ikoniese Brandenburger-hek, plaasgevind. Die Duitse bondskanselier Friedrich Merz het die voorval as ‘n “afskuwelile daad” bestempel en ‘n volledige ondersoek belowe.
Een persoon is dood, 16 beseer by Gay Pride-fees in Berlyn