# Duitsland het die opskorting van militêre uitvoere na Israel aangekondig weens die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, se plan om Gaza-stad oor te neem. Berlyn is een van Jerusalem se sterkste bondgenote, dikwels beskryf as ‘n geval van geskiedkundige verantwoordelikheid oor die Joodse Volksmoord. Duitsland se kanselier, Friedrich Merz, erken Israel het die reg op selfverdediging en om druk uit te oefen vir die vrylating van gyselaars, maar is diep bekommerd oor die voortgesette lyding van burgerlikes in Gaza. Ontleders beskryf die besluit as ‘n reuse-stap.
Duitsland staak wapenverkope aan Israel wat in Gaza-oornameplan gebruik kan word