# Duitsland se minister van Buitelandse Sake, Johann Wadephul, sê Israel word toenemend op diplomatieke gebied geïsoleer oor die humanitêre krisis in Gaza. Hy het voor sy vertrek na Israel gesê die Verenigde Nasies se onlangse konferensie oor ‘n tweestaat-oplossing vir die Israels-Palestynse konflik het getoon Israel bevind homself toenemend in die minderheid. Duitsland is een van Israel se sterkste diplomatieke bondgenote.Wadephul sê egter ‘n groeiende aantal Europese lande is gereed om ‘n Palestynse staat te erken weens openlike dreigemente oor besetting deur sommige in die Israelse regering.
Duitsland sê Israel word toenemend op diplomatieke gebied geïsoleer weens humanitêre krisis in Gaza