# Duitsland se konserwatiewe leier, Friedrich Merz, het onverwags te min steun gekry in die Parlement om kanselier te word. Hy het 316 van die 630 setels in die Bundestag nodig gehad, maar kon slegs 310 gekry. Dit is ’n beduidende terugslag vir die leier van die Christen-Demokrate wat twee en ’n half maande gelede die federale verkiesing gewen het. Merz se mislukking in die eerste stemming is ongekend in die moderne Duitse geskiedenis. Die Bundestag het nou 14 dae om hom of ’n ander kandidaat as kanselier te kies.
Duitse leier Merz misluk om meerderheid stemme vir kanselierspos te bekom