# Die Duitse kanselier Friedrich Merz het gewaarsku die Russiese president Vladimir Putin se plan sal nie met die verowering van Oekraïne eindig nie, maar eerder net die begin wees. Merz het tydens ‘n konferensie van Duitse ambassadeurs gesê hulle ervaar daagliks, en met toenemende intensiteit, hibriede Russiese aanvalle insluitend op infrastruktuur. Hy het verwys na Moskou se uittartende optrede in die Noord- en Baltiese See. Merz het begin met stappe om Duitsland se verdedigingskapasiteit te verhoog en wil seker maak Duitsland het Europa se sterkste konvensionele weermag.
Duitse kanselier waarsku Oekraïne is slegs die begin van Putin se plan