# Vlugte is gekanselleer, skole en ondernemings gesluit, en duisende mense gedwing om hulle huise te verlaat, terwyl een van die sterkste tifone in onlangse jare na Suid-China en Hongkong beweeg. Supertifoon Ragasa, met winde naby sy middelpunt van ongeveer 220 kilometer per uur, beweeg oor die Suid-Chinese See na die Guangdong-provinsie. Dit word verwag dat Ragasa die land teen later vandag sal bereik waar watervlakke in kusgebiede tot twee meter kan styg. Ragasa het alreeds groot ontruimings veroorsaak toe dit oor Taiwan en die Filippyne beweeg het.
Duisende vlug uit hulle huise met Supertifoon Ragasa wat op Hongkong afpyl