Skip to content

Duisende by lughawe om liggaam van Kenia se voormalige eerste minister Raila Odinga in te wag

# Duisende Keniaanse ondersteuners het vandag na die Jomo Kenyatta-internasionale lughawe gestroom om die liggaam van die voormalige eerste minister, Raila Odinga te ontvang. Die 80-jarige is gister in Indië aan ‘n hartaanval oorlede terwyl hy gaan stap het. Odinga, wat in die volksmond “Baba” genoem is, is ‘n waterkanonsaluut met sy aankoms gegee. Bedrywighede is tydelik stopgesit terwyl roubeklaers die militêre voertuig met sy oorskot vergesel het. Planne vir ‘n openbare besigtiging en ‘n staatsbegrafnis is aan die gang, met Kenia wat môre as ‘n nasionale vakansiedag verklaar het ter ere van die pro-demokrasieleier en pan-Afrikanis.