# Die DA verwelkom die verplasing van ‘n polisiebeampte in Ceres in die Wes-Kaap, wat beskuldig word van ernstige aanklagte van geslagsgeweld. Die party sê die stap is eers gedoen nadat hulle die kwessie in die Parlement geopper het, en dit was nie deel van gewone polisie-prosedures nie. Die DA-lid Lisa Schickerling is van mening beamptes wat van sulke aanklagte beskuldig word behoort nie sensitiewe sake te hanteer nie. Schickerling waarsku die party sal voortgaan om owerhede aanspreeklik te hou vir die beskerming van geslagsgeweld-oorlewendes.