# Drie vermoedelike transitorowers is in ‘n skietgeveg met die polisie in Johannesburg dood en drie burgerlikes beseer. Polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê beamptes het op misdaadintelligensie gereageer oor verdagtes wat na bewering ‘n rooftog in Roodepoort beplan. ‘n Wit Mercedes-Benz is in Kliprivierweg opgemerk. Beamptes het die voertuig probeer voorkeer toe die verdagtes na bewering op hulle losgebrand het, waarna die polisie teruggeskiet het. Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en op die N12 teen twee privaat voertuie gebots:
Drie vermoedelike transito-rowers dood in skietgeveg in Johannesburg [KLANK]
ENG NevhuhulwiONShootout