# Drie verdagtes is doodgeskiet, en twee vuurwapens teruggevind ná ‘n skietgeveg met die polisie in Reservoir Hills. Die polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, Jay Naicker, het bevestig die beamptes het reageer op intelligensie oor ‘n beplande rooftog en die verdagtes se voertuig onderskep. Die verdagtes het op die polisie losgetrek, wat teruggeskiet het. ’n Handgranaat is ook in die voertuig gevind. Twee beamptes het ligte kopbeserings opgedoen, maar is op die toneel behandel. Die verdagtes word verbind met transitorooftogte sedert 2021.
Drie verdagtes dood in Reservoir Hills-skietery in KZN