# Drie mense is dood toe twee helikopters naby die McMinnville Munisipale Lughawe in die Amerikaanse deelstaat Oregon in die lug gebots het. Die Robinson R22 en ‘n Airbus-helikopter het albeii in ‘n veld langs ‘n hoofpad neergestort. Die slagoffers is geïdentifiseer as ‘n 22-jarige vlieginstrukteur van Texas en ‘n studente-vlieënier van Brittanje wat in een van die helikopters was, en die enigste insittende in die ander helikopter. Die Federale Lugvaartadministrasie en die Nasionale Vervoerveiligheidsraad lei die ondersoek.
Drie sterf toe twee helikopters naby Oregon-lughawe in die lug bots