Skip to content

Drie mense dood in kragtige aardbewing in Thailand, Mianmar

# ‘n Kragtige aardbewing het vroeër vandag ‘n groot hospitaal in die hoofstad van Mianmar in ‘n “massa-ongevalle-gebied” verander met minstens drie mense wat dood is en talle vasgekeer in die naburige Thailand nadat ‘n wolkekrabber ineengestort het. Die skudding van 7.7 het die area noordwes van die stad Sagaing, in sentraal Mianmar, getref en is minute later gevolg deur ‘n naskok van 6.4 waartydens geboue omgetuimel, paaie meegee en die bekende Ava-brug ineengestort het. Die verwoesting het gelei tot ‘n seldsame versoek vir internasionale hulp deur die geïsoleerde militêre junta in Mianmar.