Skip to content

Drie kinders wat jare lank in huis toegesluit was, deur Spaanse polisie gered

# Drie kinders wat sedert 2021 in hul huis toegesluit was, is deur die Spaanse polisie gered. Polisiebeamptes sê hulle het ‘n 53-jarige Duitse man en ‘n 48-jarige Amerikaanse vrou in Oviedo, in die noordooste van Spanje, aangekeer. Die agtjarige tweelinge en ‘n tienjarige is vir mediese evaluering geneem en is onder staatstoesig. ‘n Spaanse nuusagentskap sê ‘n ondersoek is van stapel gestuur nadat ‘n buurman gekla het oor kinders wat in die huis woon en nie skool bywoon nie. Die ouers is aangekla van huishoudelike geweld, aanhoudende sielkundige mishandeling, en kinderverlating.