Skip to content

Drie kinders en twee volwassenes sterf in selfdoodaanval op skoolbus in Pakistan

# Drie leerders en twee volwassenes is dood, en minstens 38 mense gewond in ‘n selfdoodaanval op ‘n skoolbus in die suidweste van Pakistan. Amptenare sê die jongste aanval beklemtoon die verslegtende veiligheidsituasie in die gebied. Die ontploffing in Khuzdar in die provinsie Balochistan het ‘n skoolbus met militêre amptenare se kinders geteiken. Pakistan se Weermag gee Indiese verteenwoordigers die skuld vir die aanval. Spanning tussen die twee lande het in ‘n konflik van vier-dae ontaard ná die onlangse slagting van toeriste in Kasjmir. ‘n Brose wapenstilstand word sedertdien gehandhaaf.