Skip to content

Drie kinders dood nadat taxi in ‘n crèche in Pietermaritzburg injaag

# Drie kinders tussen die ouderdomme van nege en 11-jaar is dood nadat ‘n taxi met kinders in ‘n crèche in Imbali, Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal vasgejaag het. Volgens SABC News, het 11 ander persone beserings opgedoen, met twee wat in ‘n kritieke toestand is. Die bestuurder het glo voor die ongeluk beheer verloor. Nooddienste het hulle na die toneel gehaas om beseerdes by te staan, terwyl die polisie ‘n ondersoek instel na die oorsaak van die ongeluk.