# Drie van Suid-Afrika se groot regsfirmas het by Norton Rose Fulbright se hofuitdaging teen die regering se kodes vir swart ekonomiese bemagtiging in die regssektor aangesluit. Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het die sektorkodes verlede jaar in September uitgegee. Daarvolgens moet 50-persent swart regspraktisyns in die volgende vyf jaar eienaarskap, stemreg en posisies in uitvoerende bestuur hê. Die firmas Bowmen, Webber Wentzel, en Werksmans voer aan die kodes kan veroorsaak dat hulle kontrakte van miljarde met groot banke en die staatsektor verloor.
Drie groot Suid-Afrikaanse regsfirmas sluit aan by stryd teen regering se SEB-kodes