# Drie buitelandse burgers is in Atlantis aan die Weskus in hegtenis geneem vir die kweek van dagga en die besit van ‘n ongelisensieerde haelgeweer en ammunisie. Die verdagtes, onderskeidelik 31, 46 en 60 jaar oud, word aangekla vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en dwelmverwante misdrywe. Die polisiewoordvoerder, FC Van Wyk, sê beamptes het op ‘n plaas in Kleindassenberg toegeslaan, waar hulle daggaplante en ‘n aansienlike hoeveelheid gedroogde dagga in verskeie pakkies ontdek het. Die verdagtes sal binnekort in die Landdroshof in Atlantis verskyn.
Drie gearresteer vir die kweek van dagga in Atlantis