# Drie mense is dood en 17 ander is beseer in ‘n botsing reg van voor vanoggend tussen twee minibus-taxis op die R555 naby Mandela-rylaan in Middelburg, Mpumalanga. Die taxi’s het mynwerkers van Mhluzi af vervoer. Die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekerheid en Skakeling, Moeti Mmusi, sê die oorsaak word ondersoek met roekelose bestuur ‘n moontlikheid.
Drie dood, 17 beseer in Middelburg taxi-botsing