Skip to content

Dogter lewenslank agter tralies na moord op haar pa in Limpopo [KLANK]

# Die Polokwane-hooggeregshof in Limpopo het Mologadi Magdeline Mehlape tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis nadat sy skuldig gepleit het op die moord op haar pa, Malekutu Johannes Mehlape. Hy was ʼn kringbestuurder by die Limpopo Onderwysdepartement. Die 28-jarige Mehlape het ook 15 jaar tronkstraf gekry vir roof. Die Nasionale Vervolgingsgesag se streekswoordvoerder, Mashudu Malabi-Dzhangi, sê vier ander beskuldigdes staar verskeie aanklagte in die gesig, onder andere vir sameswering om te moor, moord en roof met verswarende omstandighede:

ENG DzhangiOnMurder