Skip to content

Dodetal in veerboot-tragedie op Kariba-meer in Zimbabwe styg tot 44

# Die dodetal in die veerboot-tragedie op die Kariba-meer in Zimbabwe het tot 44 gestyg. ʼn Oorlaaide veerboot met 120 mense aan boord, wat kinders en vyf bemanningslede insluit, het omgeslaan nadat dit groot branders getref het. Volgens Zimbabwe se burgerlike beskermingseenheid het die boot plek vir 90 mense. Tot dusver is 77 mense gered. President Emmerson Mnangagwa het ʼn ramptoestand afgekondig terwyl soek- en reddingspogings verskerp. Die Kariba-meer teen Zimbabwe se noordelike grens met Zambië is wat volume betref die wêreld se grootste mensgemaakte meer.