# Die dodetal in gisteroggend se brand in ‘n gewilde kroeg in Bangkok, Thailand, het tot 30 gestyg – die dodelikste brand in die hoofstad in 17 jaar. Meer as 70 mense is beseer. Die identiteit van 27 slagoffers is deur owerhede bevestig en die meeste is vermoedelik Thaise burgers. Voorlopige ondersoeke dui aan ‘n kortsluiting in ‘n lugversorger het die brand veroorsaak. Die nasionale polisiehoof, Kittiratt Phanphet, sê nalatigheid is die hoofvermoede wat hul ondersoek lei.
Dodetal in kroeg-brand in Bangkok styg tot 30