# Die Wes-Kaapse polisie loof ‘n beloning van 100-duisend-rand uit vir inligting wat kan lei tot die arrestasie en skuldigbevinding van diegene wat verantwoordelik was vir die dood van vyf mense in Lavender Hill oor die naweek. Gewapende mans het op ‘n huis in die gebied toegeslaan en vier mans en ‘n vrou doodgeskiet, terwyl drie ander gewond is. Die Teenbende-eenheid ondersoek die voorval, met bende-geweld wat moontlik ‘n motief was. Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Sizakhele Dyantyi, sê dit kan nie as normaal beskou word dat mense in groot getalle vermoor word in die gemeenskappe waar hulle woon nie.
Die Wes-Kaapse polisie loof ‘n beloning van 100-duisend-rand uit ná ‘n massaskietery in Lavender Hill