# Die Pentagon het aangekondig die minister vir die Amerikaanse Vloot, John Phelan, verlaat die Trump-administrasie onmiddellik. Woordvoerder Sean Parnell het in ‘n plasing op sosiale media gesê adjunkminister Hung Cao sal waarneem in die posisie, wat grootliks administratief is. Phelan is die jongste hooggeplaaste militêre leier wat die administrasie in die onlangse maande verlaat. Sy vertrek kom te midde van die Amerikaans-Israelse oorlog met Iran en die voortgesette Amerikaanse versperring van die Seestraat van Hormoes. Die Vloot het geen rede verskaf nie.
Pentagon kondig aan minister vir Amerikaanse Vloot ontruim sy pos onmiddelik