# Die Padverkeerbestuurskorporasie waarsku meer as 2,2-miljoen voertuiglisensieskyfies sal in November en Desember verval. Die Korporasie doen ’n beroep op motoriste om hul lisensies voor die feestyd se stormloop te hernu. Gauteng het die hoogste getal, met meer as 851-duisend skyfies, gevolg deur die Wes-Kaap met 374-duisend en KwaZulu-Natal met 327-duisend. Die korporasie sê motoriste behoort hul lisensies aanlyn te hernu, of gebruik te maak van sy toetssentrum vir Bestuurslisensies, wat sewe dae per week van 7 vm tot 9 nm oop is.
Die Padverkeerbestuurskorporasie doen ’n beroep op motoriste om lisensies te hernu met 2,2-miljoen voertuiglisensies wat voor die feestyd verval