Skip to content

Die medestigter van die Beach Boys, Brian Wilson, is oorlede

# Brian Wilson, die medestigter van een van die grootste rockgroepe, The Beach Boys, is op 82-jarige ouderdom oorlede. Dit het vroeg verlede jaar bekend geword dat hy aan demensie ly. Die Beach Boys het van 1962 tot 1966 tien top-tien-treffers en ‘n verdere sewe top-40-treffers vir Capitol Records opgeneem. Die meeste hiervan is deur Wilson geskryf, of hy was medeskrywer, en vervaardig. Die tweemalige Grammy-wenner laat immergroen treffers na, insluitend In My Room, God Only Knows, California Girls en Wouldn’t It Be Nice.