# Die Hugenote-tonnel en tolplaza is oopgestel vir verkeer, betyds vir die einde van die skoolvakansie en vir vakansiegangers wat huiswaarts keer. Dit volg na die afhandeling van deeglike inspeksies en assesserings deur die aangewese professionele ingenieurspan en die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap. Die tonnel is gesluit nadat ‘n bus Vrydag in die tonnel aan die brand geslaan het. Tydelike beperkings en veiligheidsmaatreëls is in plek terwyl permanente herstelwerk voortduur. Die Du Toitskloofpas is ook in albei rigtings gesluit terwyl werk op die roete voortduur.
Die Hugenote-tonnel heropen betyds vir die einde van die skoolvakansie