# Die Demokratiese leier van die Senaat, Chuck Schumer, het president Donald Trump se bewering verwerp dat onderhandelinge met sy party aan die gang is. Twee voorstelle om die regering te befonds, een van die Demokrate en een van die Republikeine, het albei Maandagaand in die Senaat misluk. Dit beteken die regering se afsluiting duur nou al sewe dae. Schumer sê as Trump en die Kongres se Republikeine uiteindelik gereed is om te gaan sit en iets gedoen te kry oor gesondheidsorg vir Amerikaanse gesinne, is die Demokrate bereid om dit te laat gebeur:
Die Demokrate se leier in die Senaat ontken Trump se bewering dat onderhandelings oor die afsluiting aan die gang is [KLANK]
ENG SchumerOnShutdown