Skip to content

Die ATM herhaal sy voorstel om Suid-Afrika na Azania te hernoem [KLANK]

# Die African Transformation Movement het voorgestel dat Suid-Afrika na Azania hernoem word en dit ‘n kragdadige stap vir dekolonisasie en kulturele herwinning genoem. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê Suid-Afrika kort ‘n unieke identiteit, aangesien dit ‘n geografiese etiket dra is wat deur ‘n koloniale bewind opgelê is. Ntshona sê Azania is gewortel in antieke Afrika-geskiedenis, en verteenwoordig eenheid, erfenis en bevryding. Hy sê die party glo die verandering sal die inheemse identiteit en voorouers eer, terwyl dit imperialistiese nalatenskappe verwerp:

ENG-NtshonaOnAzania