Skip to content

Die Amerikaanse Departement van Justisie sny duisende poste te midde van beloftes om streng teen misdaad op te tree

# Die Trump-administrasie het meer as vier-duisend werknemers van sommige van die land se top wetstoepassingsagentskappe afgedank, dit terwyl die regering belowe om strenger teen misdaad op te tree. Rekords wat deur Reuters van die Amerikaanse Departement van Justisie verkry is, toon die totale aantal werknemers by die FBI het met meer as sewe-persent sedert 2024 gedaal, ‘n vermindering van bykans twee-duisend-600 mense. Die personeel by die administrasie vir dwelmhandelwetstoepassing het met ongeveer ses-persent gedaal, en die Buro vir Alkohol, Tabak, Vuurwapens en Plofstof het ongeveer 14-persent van sy werkers verloor.