# Die MK-party het die gewese minister van Finansies, Des van Rooyen, aangestel as sy nuwe hoofsweep in die Parlement. Hy neem oor by Colleen Makhubele, wat in Mei vanjaar in die posisie aangestel is. Die MK-party beskryf Van Rooyen as ‘n ervare kader van die bevrydingsbeweging met uitgebreide akademiese, politieke en regeringservaring. Die party sê hy het volle vertroue dat die koukus onder Van Rooyen versterk, gedissiplineerd en meer strategies sal wees.
Des van Rooyen aangestel as die nuwe hoofsweep van die MK-party in die Parlement