# ‘n Derde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moorde op twee lede van die Teenbende-eenheid en twee vroue in Reigerpark, Johannesburg, vroeër die maand. Die 27-jarige verdagte is in Ekurhuleni aangekeer na ‘n intelligensie-operasie. Twee ander verdagtes in die saak, die vermeende bendelid Regan Collis en 24-jarige Jamal Meyer, bly in aanhouding. Die Valke-woordvoerder in Gauteng, Katlego Mogale, sê die derde verdagte sal vandag in die Boksburg-landdroshof verskyn:
Derde verdagte in hegtenis geneem in verband met die Reigerpark-skietery [KLANK]
ENG MogaleOnSuspect