Skip to content

Departement verskerp pogings om wette in werkplek af te dwing

# Die Departement van Indiensneming en Arbeid waarsku werkgewers om aan Suid-Afrika se arbeidswette te voldoen terwyl hy landwye inspeksies verskerp. Adjunkminister Jomo Sibiya sê inspekteurs het 114 werkplekke besoek tydens die eerste gesamentlike, landwye inspeksieveldtog in al nege provinsies. Slegs drie werkplekke het aan alle wetsvereistes voldoen. Sibiya sê talle oortredings is ontdek, met baie werkgewers wat nie aan belangrike arbeidswetgewing voldoen nie. Hy sê verdere inspeksies sal uitgevoer word om voldoening af te dwing.